Morning Star, Durbanville - Fokofpolisiekar

Morning Star, Durbanville - Fokofpolisiekar

Год
2006
Язык
`Afrikaans`
Длительность
236250

Şarkının sözleri aşağıdadır Morning Star, Durbanville , sanatçı - Fokofpolisiekar çeviriyle birlikte

" Morning Star, Durbanville " şarkısının sözleri

Çevirili orijinal metin

Morning Star, Durbanville

Fokofpolisiekar

Die ster wat ek volg

Volg tot sonopkoms

Ek verstaan beter as wat jy dink

Soort soek soort

Net die braafste dwase spring oorboord

Tyd leen sy wysheid

Aan wie geduldig wag

Die nag wys sy geheime

Vir die wie se oe

Aan kan pas

Die ster wat ek volg

Volg tot sonopkoms

Soepel en sag

Aan die buitekant

Maar daar’s 'n diamant

Waar jou hart moet wees

Waar jou hart moet wees my skat

Hierdie stad het jou by my gesteel

Hierdie stad, het jou by my gesteel!

Ek hoop die waarheid (Ek hoop die waarheid)

Kom by jou uit

Om as orgaan te funksioneer

Is gewoonlik onmoontlik

Vir 'n edelsteen

Die ster wat ek volg

Volg tot sonopkoms

(Die N1 se stippellyn)

Die half geboude brue

Vlieg by my kop verby

Dis vanaand vir nou

Iemand sal begrafnis hou

Hierdie stad het jou by my gesteel

Hierdie stad, het jou by my gesteel!

Skemers op strande

Vakansiegangers

Die krag kan maar afgaan

Jy skyn tog helder

Jou rykdom begrawe

Tussen longe en are

Foute maak al maak dit seer

Sweer dat ek sal aandag gee

2 milyondan fazla şarkı sözü

Farklı dillerde şarkılar

Çeviriler

Tüm dillere yüksek kaliteli çeviriler

Hızlı arama

İhtiyacınız olan metinleri saniyeler içinde bulun